Leerders van Rundu ruk op

Sowat ‘n 1 000 leerders wat nie plek in skole in Rundu kon kry nie, het saam met hul ouers en voogde na die onderwysministerie se kantoor op die dorp opgeruk om antwoorde te kry. Tente sou na bewering vir die honderde leerders opgerig word, maar daarvan het daar egter dadels van gekom. Die groep wil ‘n vreedsame protesoptog reël. Dorothea Nangolo, die Namibiese Nasionale Studente-organisasie se woordvoerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het ‘n gesprek met die direkteur van onderwys in die streek gevoer en hy het hulle verseker dat die situasie aangespreek sal word.