Vertrou die regering met volksmoordgeld – Shilunga

Die Namibiese adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê die publiek moet die Namibiese regering vertrou met die volksmoord onderhandelings, en fondse. Duitsland sal oor ‘n periode van 30 jaar meer as 18 miljard Namibiese dollar in ontwikkelingsbystand betaal. In haar mening, kan sy nie verstaan hoekom die regering nie vertrou moet word met die hantering en gebruik van die geld nie. Sy sê die land het vir die regering gestem en dus, moet hy toegelaat word om sy pligte na te kom. Die volksmoord ooreenkoms word deur opposisie-partye verwerp en die betrokke gemeenskappe vra ook nie net insae in samesprekings nie, maar meen hulle moet reparasiefondse direk ontvang.