Biden het reeds opdrag gegee oor Withuis-rekords

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het die hof genader om te verhoed dat die Kongres toegang kry tot die Withuis se rekords op die 6de Januarie. In sy stukke sê hy die inligting is konfidensieel en word ingevolge beskerm. Maar, regskenners sê die konfidensialiteit van Withuis-rekords berus by die huidige president. CNBC in die VSA berig dat President Joe Biden reeds opdrag gegee het dat die dokumente aan die komitee van die Kongres wat die 6 Januarie onluste ondersoek, beskikbaar gestel word.