Vertraging in polisiedienste benadeel duisende in Gauteng

Die DA in Gauteng sê duisende mense word steeds benadeel en het nie toegang tot werk- en reisgeleenthede nie weens ‘n agterstand met die uitreiking van polisieklaringsertifikate in Pretoria. Volgens die party se inligting is die agterstand by die Pretoria Polisie se Misdaadrekordsentrum meer as 40 000 polisieklaringsertifikate. ʼn Woordvoerder van die DA, Crezane Bosch, sê die nuwe aansoeke sedert Oktober is nie verwerk nie en die agterstand dateer terug tot Julie vanjaar: