Okh-inwoners sit steeds in sak en as

Ná maande en maande se betogings en optogte na verskillende staatskantore en amptenare, het die Okahandja-groep onder leiding van aktivis Sydney Gariseb geëis dat grond by Okahandja aan hulle toegeken word. Gariseb en sy groep het gehoop om die aandag van die politici te trek wat tot die verkiesings opbou, maar dit blyk dat hul pogings tevergeefs is. Die groep wat verlede maand ‘n petisie aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila wou oorhandig, het ‘n reaksie van haar ontvang en hulle is nie gelukkig nie. Volgens Gariseb wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, het die eerste minister vir hulle gesê om die regte kanale te volg deur na die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni te gaan.