Britse LP wil wetgewing voorstel om Harry-hulle van hul titels te stroop

‘n Konserwatiewe parlementslid in Brittanje sê hy beplan om wetgewing voor te stel wat kan veroorsaak dat die hertog en hertogin van Sussex van hul koninklike titels gestroop word. Bob Seely meen daar is ‘n politieke kwessie met Harry se opmerkings, aangesien hy meer as twee jaar gelede opgehou het om as ‘n senior koninklike te werk. Sy aanmerkings kom na die egpaar se dokumentêr op Netflix uitgesaai is. Seely sê hy wil weet hoekom Harry aanhou om sy titel te gebruik terwyl hy terselfdertyd die instelling van monargie en sy familie as ’n gemors uitmaak. Hy sê Harry val ook verskeie instellings in die Verenigde Koninkryk aan.