Vertraging in operasies in Jhb wek kommer

Sommige pasiënte by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het gehoor hulle sal tot in 2026 moet wag vir hul operasies. Die getal pasiënte wat op operasies by die hospitaal wag, het verlede jaar gestyg van 7 288 tot 11 194. Dis volgens die LUR van Gesondheid van Gauteng, Nomathemba Mokgethi. Hy het vrae van die DA se woordvoerder van provinsiale gesondheid, Jack Bloom, beantwoord. Hy sê die gebrek aan beddens in die intensiewesorgeenheid en kragonderbrekings is van die redes wat die LUR aangevoer het vir die lang waglys op operasies: