Normaal tot bo-normale neerslae verwag vanaf Oktober

Vooruitsigte vir reën in die SAOG-streek is baie positief met normale tot bo-normale neerslae wat verwag word. Volgens die jongste vooruitskattings sal die eerste reën reeds in Oktober begin. In Namibië sal die meerderheid van die land normaal tot bo-normale reënval ontvang, behalwe vir ‘n strook aan die kus, van noord tot suid wat normaal tot ondernormale neerslae sal ontvang. Die La Nina-stelsel, wat verantwoordelik is die goeie voorspelling, sal in sirkulasie bly gedurende die tydperk.