Versterkingsdosisse in VSA onder die loep

Die Amerikaanse regering wil van 20 September af versterkingsdosisse van die Covid-19-entstof wyd beskikbaar stel aan volwassenes wat ten volle met die Pfizer- en Moderna-entstof ingeënt is. Gesondheidswerkers, inwoners van versorgingsoorde en ander ouer mense sal eerste die versterkings-inspuitings ontvang. Amerika se geneesheer-generaal, Vivek Murthy, sê ‘n versterkingsdosis is nodig vir die maksimum beskerming deur ‘n entstof en om die langwerkendheid daarvan te verleng:

Maar die Wêreldgesondheidsorganisasie se epidemioloog, dr. Mike Ryan, stem nis saam nie. Hy sê daar is etiese oorwegings.