NEEEF: GRN het altyd geweet maar nou kla seniors in regering ook

Aanmerkings deur die Namibiese Beleggingspromosie en Ontwikkelingsraad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, dat NEEEF in sy huidige formaat geneig is om beleggers in die land af te skrik het verskillende reaksie uitgelok. Eben de Klerk van ISG Konsultante het wyd navorsing oor die wetsontwerp gedoen en Kosmos 94.1 Nuus het hom gevra of die regering dit nou eers agterkom…