Verstappen het geluk nodig om die week te wen

Red Bull se Formule Een-renjaer, Max Verstappen, sê hy gaan baie geluk nodig hê as hy die naweek tydens die Grand Prix in Singapoer reeds die wêreldkampioenskap wil beklink. Om dit reg te kry sal Verstappen die Ferrari-bestuurder Charles Leclerc met 22 punte moet klop, sy Red Bull-spanmaat Sergio Perez met 13, en George Russell van Mercedes met ses. Die Nederlander sê hy fokus nie op ‘n kampioenskapsoorwinning nie, maar om ‘n goeie wedren op die Marinabaai-straatrenbaan te hê: