Ramaphosa sê beurtkrag is ‘n ramp

President Cyril Ramaphosa sê die huidige beurtkragkrisis is ‘n ramp van enorme omvang. Hy sê die uitdagings wat Eskom in die gesig staar, is nie beplan nie, en die regering het nog altyd geglo beurtkrag sou op hierdie tydstip iets van die verlede wees. Ramaphosa het die herstrukturering en ontbondeling van Eskom beskryf as ‘n manier om die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf vry te stel van sy huidige afhanklikheid van ‘n onderneming wat as ‘n monopolie bedryf word: