Almal het ‘n rol in die bekamping van korrupsie

Die direkteur-generaal van die Namibiese Teen-korrupsie Kommissie, Paulus Noa, het die werk van verskillende instellings in die stryd teen korrupsie in die land geloof. Dit volg op ‘n openbare bespreking oor korrupsie wat deur die Namibiese Instituut vir Demokrasie aangebied is. Die bespreking het gehandel oor die impak van korrupsie op Namibië en teen-korrupsiemaatreëls wat die land kan volg om te verhoed dat korrupsie enigsins plaasvind. Noa sê korrupsie kniehalter die Namibiese ekonomie en almal moet dit beveg.