Verstappen glo Red Bull sal weer op standaard wees die naweek

Die huidige wêreldkampioen Max Verstappen is vol vertroue dat Red Bull weer sy gewone standaard sal handhaaf by die naweek se Japannese Grand Prix. Red Bull het verlede naweek in Singapoer vir die eerste keer vanjaar nie die wedren gewen nie, met Carlos Sainz van Ferrari wat geseëvier het. Red Bull blameer foute met die opstel van die motor en die vorm van die baan met sy baie draaie vir die span se skielike swak vertoning. Die span kan die naweek dalk reeds die Konstruksiekampioenskap beklink. Verstappen sê die verbeterde McLaren is hulle grootste bedreiging in Suzuka.