Verstappen behou kampioenskap, onder bisarre omstandighede

Max Verstappen het die 2022 Formule Een-bestuurders Wêreldkampioenskap in bisarre omstandighede verower, en die reëndeurdrenkte Japanese Grand Prix gewen. Die Nederlandse renjaer het verby die geruite vlag gejaag onder die indruk dat hy tot die volgende wedren sou moes wag om sy tweede agtereenvolgende titel in te palm. Minder as 75 persent van die wedren is voltooi, so die algemene aanname was dat verminderde punte toegeken sou word. Maar volle punte is toegeken, wat beteken Verstappen het sy kampioenskapstatus behou.