Nanso berei voor vir die eksamen

Die leierskap van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, werk daaraan om hul oproepsentrum bekend te stel waar studente hulle kan kontak indien hulle probleme ondervind en die organisasie sal die studente so gou as moontlik bystaan. Met die eksamens wat nader kom, probeer hulle om eksamen-pakkette te hê om studente te help om vir eksamens voor te berei. Dorothea Nangolo, Nanso se sekretaris vir inligting, kommunikasie en tegnologie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor Nanso se planne.