Mensehandel-sindikaat oopgevlek in Brittanje

‘n Albaanse bende in mensehandel wat migrante na Brittanje deur Spanje gesmokkel het, is na ‘n reeks inhegtenisnemings oopgevlek. Die Nasionale Misdaadagentskap sê die georganiseerde misdaadnetwerk het hoofsaaklik Albaanse migrante deur die noordelike Spaanse stede, Bilboa en Santander, na die Brittanje gesmokkel. Hulle het van veerbote en vragverskepingsroetes na Portsmouth, Southampton en Liverpool gebruik gemaak. Daar word berig beamptes van die agentskap in Spanje en Brittanje het meer as ‘n jaar gewerk om die baasbreine van die organisasie te identifiseer.