Versoekskrif van vuisvoos Kunene-boere oor veediefstal, stropery

Lede van die Otjikondo-boerevereniging in die Kunene-streek is vuisvoos en vra dat ‘n aanlyn petisie in verband met veediefstal, onderteken word. Die boere vra dat die hof borgtog wat met veediefstalsake verband hou, weier. Volgens ie boere is daar sedert 2016 400 gemsbokke en 80 beeste gesteel. Dudu Murorua, LP vir die UDF en boer in die streek, sê daar moet na die boere geluister word omdat die probleem eenvoudig erger raak.