Endombo-aksies deur Tsumeb-munisipaliteit is onaanvaarbaar – AR

Die Affirmative Repositioning-beweging het ‘n beroep op die Tsumeb-munisipaliteit gedoen om op te tree rakende 5 000 inwoners wat vroeër vandeesmaand uit die Endombo-gemeenskap se ou TCL-koshuisgebou op die dorp gesit is. Die beweging sê die inwoners, ongeveer uit 270 huishoudings, is gedwing om huur te betaal wat jaarliks met 10 persent styg vir ‘n gebou wat uitmekaar val. George Kambala waarnenemde woordvoerder van die beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.