Mmusi se party: Kenner sê daar’s genoeg partye in SA

‘n Politieke ontleder in die buurland, Protas Madlala, sê Suid-Afrika het nie nog politieke partye nodig nie. Hy glo ‘n sterk en verenigde opposisie sal baie beter wees. Madlala het gepraat nadat Mmusi Maimane sy nuwe politieke party, Build One SA, bekend gestel het. Hy sê die party kan moontlik ‘n hele paar stemme van die DA en ander partye wegneem. Maimane het groot beloftes aan die party se ondersteuners gemaak oor ‘n paar kwessies, insluitend werkloosheid, misdaad en korrupsie.