Versoekskrif in SA vir verbod op teel van veghonde

Die Amerikaanse Veghond Federasie van Suid-Afrika glo dat die sterftes wat veghond-aanvalle veroorsaak het, kon voorkom word. Die federasie sê die ministers van polisie en landbou kon die wet behoorlik toegepas het. ‘n Versoekskrif om die teel van veghonde te verbied, het meer as 35 000 handtekeninge ontvang en is ondersteun deur die NDBV. Lins Rautenbach van die federasie sê hoewel hulle ten gunste is van ‘n teelregulasie, gee ‘n verbod nie aandag aan die kernsaak oor wie aanspreeklik gehou moet word nie.