Tories kan nie weer oorhandig nie, daar moet ‘n verkiesing wees

Lede van Brittanje se regerende Konserwatiewe Party gaan volgende week weer na die stembus om ‘n nuwe leier te kies, slegs ses weke nadat hulle Liz Truss tot die posisie en as eerste minister verkies het. Sy het gister haar bedanking aangekondig nadat sy geswig het onder druk ná ‘n mislukking met maatreëls vir voorgestelde belastingverlagings. ’n Peiling onder Tories het bevind die meerderheid wil hê dat Boris Johnson na Downingstraat 10 terugkeer. Die Arbeidersparty se steun het die afgelope tyd gestyg, en die leier, Keir Starmer, het ‘n onmiddellike algemene verkiesing geëis.