Uis is gewild onder prospekteerders, mynmaatskappye

Die Uis-gebied in Namibië blyk om uiters gewild te wees vir eksplorasie van industriële minerale sowel as klipmynbou, edelmetale en ander minerale groepe. Die gebied is in die nuus met aantygings van korrupsie wat teen die ministerie van myne en energie gemaak is oor eksplorasie-lisensies. In die kommunale gebiede is daar ook talle ontginningsprojekte met tonne graniet wat reeds gemerk en genommer is wat wag om vervoer te word, sonder enige voordele vir die kommunale gemeenskappe wat daar woonagtig is. SS Consultants adverteer op die oomblik vir drie verskillende projekte se openbare konsultasies rakende drie verskillende lisensies in die Uis-gebied, twee naby die Uis-nedersetting en een by Okombahe. Belanghebbendes het tot 28 Oktober om te registreer.