Verskeping van vee – Calle sê nee

Die Namibiese landbouministerie het weer beklemtoon dat hy nie toestemming vir die invoer van kleinvee vanaf Suid-Afrika vir verskeping na die Midde-Ooste gegee het nie. Die minister, Calle Schlettwein het bygevoeg dat die aansoeker, EnviroLeap Consulting reeds ook ingelig is van die besluit. In ‘n verklaring sê Schlettwein die ministerie is nie in ‘n posisie om die invoer van gesplete-hoef diere na ‘n bek- en klouseer vrye sone vanaf Suid-Afrika wat sedert 2019 ‘n uitbreking van die siekte ervaar, toe te laat nie. Landboukenners het ook reeds bevestig dat daar geen ander buurland is wat bek- en klouseer vry is nie so daar is nie werklik ‘n ander opsie op die huidige stadium nie. Diereregte-aktiviste het reeds ‘n aanlyn petisie opgetrek om die verskeping van lewendehawe op die hoef te keer.