Water is nie ‘n voorreg nie – Amnestie Internasionaal

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die gebrek aan dienste soos veilige water, sanitasie en voldoende behuising is ‘n skending van basiese menseregte. Sowat 20-miljoen mense het nie toegang tot veilige, genoegsame en betroubare water nie en 14-miljoen mense het nie toegang tot basiese sanitasie nie. Shenilla Mohamed van Amnestie Internasionaal sê politici moet ophou om leë politieke beloftes te maak: