E71 kleurstof kan DNS verander, SA verban dit nie

Die Nasionale Departement van Gesondheid in Suid-Afrika sê die kunsmatige kleurstof, E171, sal vir eers nie in Suid-Afrika verbied word nie, aangesien dit nie ‘n gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou nie. Die Europese Voedsel- en Veiligheidsowerheid se navorsing dui aan deeltjies in die produk kan DNS-skade veroorsaak. E171 word algemeen gebruik om produkte soos koekversiersel, lekkergoed, witsouse, medisyne en skoonheidsmiddels witter te maak en te verhelder. Lidlande van die Europese Unie het sedertdien ingestem om dit weens die veiligheidsowerheid se bevindings vanaf volgende jaar te verbied.