Verskeie stemlokale in Gauteng is hoë-risiko
Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê alles is gereed om te verseker dat die verkiesing in ‘n veilige omgewing gehou word. Daar is 2 797 stemlokale in 529 wyke in Gauteng. Hiervan hou 168 ‘n hoë risiko en 377 ‘n medium risiko in. Mthombeni sê intelligensiestrukture binne die polisie is hard aan die werk sedert die aankondiging van die 29 Mei-verkiesing: