Verskeie mense sterf in ontploffing van gas-tenkwa in Boksburg

Gru-tonele speel hulle af in Boksburg, Ekurhuleni, in die buurland waar ‘n gas-tenkwa vanoggend naby die Tambo-gedenkhospitaal ontplof het. Verskeie mense is dood en ander is in ’n kritieke toestand gelaat. Baie slagoffers het ernstige brandwonde opgedoen. Onbevestigde berigte lui die tenkwa het probeer om onder ‘n brug wat te laag was, deur te gaan. ’n Gas-lek het blykbaar toe tot die ontploffing gelei. Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med paramedici, Kyle van Reenen, is verskeie nooddiensagentskappe op die toneel.