Ongwediva-dorpsraad is beskikbaar tydens noodgevalle

Die woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, Jackson Muma, sê munisipale dienste is regdeur die vakansie beskikbaar vir inwoners. Werknemers van die dorpsraad is op bystand om seker te maak dat inwoners steeds van dringende dienste tydens noodgevalle gebruik kan maak soos wanneer ‘n pyp bars. Muma bedank inwoners van die dorp en wens hulle ‘n geseënde en veilige feesseisoen toe.