Zamibiese sokkerspan kry nuwe top-afrigter

Sokker: Die voormalige Chelsea-bestuurder Avram Grant is aangewys as Zambië se nuwe afrigter. Hy is na wat berig word beveel om die span weer een van die elite-spanne van Afrika te maak. Grant, wat vir West Ham en ook die nasionale span van Ghana afgerig het, het ‘n twee-jaar-kontrak onderteken. Hy volg Aljosa Asanovic op wat bedank het ná ‘n salaris-dispuut. Die 67-jarige se eerste taak is om te verseker dat Zambië vir die 2023 Afrikabeker-toernooi kwalifiseer. Zambië het dit die afgelope drie jaar misgeloop.