Verskeie klagtes teen man wat bieg oor leeu-vergiftiging

Die Namibiese omgewingsministerie sê ‘n verdagte het gebieg en erken dat hy ses leeus en twee hiënas vergiftig het naby Palmfontein in die Ehirovipuka-bewaringsgebied. Owerhede het op die karkaste van die diere wat onder klippe versteek is, gevind. Volgens die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda sal die man verskeie klagte in die gesig staar.