Hiënas teister die Nina-boere

Hiënas word ‘n daadwerklike uitdaging in talle gebiede in die land en die jongste berigte toon dat hulle nou die Nina-gebied teister met veral kleinvee wat gejag word. Hiënas is nie tradisioneel bekend as probleemdiere nie alhoewel hulle tog voorkom. Volgens professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van Nust se Biodiversiteits-instituut, is dit ‘n direkte uitvloeisel van die onlangse droogte. Hy verduidelik.