Ouditeur-generaal kry nie die magte wat tel nie

Die nuwe ouditwetsontwerp sal die ouditeur-generaal meer magte gee om veral boetes op te lê sou iemand sy kantoor verhoed om sy pligte uit te voer maar, nie veel meer nie. Daar was hoop dat hy plaaslike owerhede aan die bek sou kon ruk, maar dit blyk nie die geval te wees nie.