Verskeie godsdiensleiers staan saam teen klimaatsverandering

Boeddhistiese dreunsange, Hindoe-liedjies en gebede tot Allah is tydens ‘n seldsame diens vir verskillende gelowe in die Rooms-Katolieke St Mary’s-katedraal in Perth gehoor. Die geleentheid was een van verskeie wat regoor Australië gehou is om ‘n groter verbintenis tot klimaatsverandering van die regering te eis. Media berig godsdiensleiers van ‘n verskeidenheid gelowe wat die diens bygewoon het, het hul versoek vir geen nuwe steenkool- en gasprojekte nie, uiteengesit in ‘n versoekskrif aan die eerste minister, Anthony Albanese, wat deur 100 volks- en geloofsleiers onderteken is.