Malusi Gibaba moet ondersoek word

Die staatskapingskommissie het aanbeveel dat die voormalige minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, ondersoek word vir moontlike vervolging vir korrupsie, gegrond op bewerings van sy vervreemde vrou, Nomachule Mngoma. Dit is een van baie aanbevelings nadat die kommissie se aangepaste weergawe van die verslag hierdie week vrygestel is. Die kommissie beveel aan dat wetstoepassingsagentskappe Gigaba ondersoek in verband met kontantbetalings wat hy na bewering ontvang het tydens sy besoeke aan die Gupta-woning in Saxonwold in of rondom 2013.