Versigtig vir brandstof op kredietkaart aankoop

Die Brandstofkleinhandelaarsvereniging in Suid-Afrika sê motoriste wat kredietkaarte gebruik om hulle voertuie vol te maak word die ergste deur die prysstygings geraak. Die uitvoerende direkteur van die vereniging, Sbonelo Mbata, verduidelik ‘n fooi van 1,75 persent word per transaksie op ‘n kredietkaart gehef. Hy sê om ‘n nuwe metode van betaling toe te laat, sal in die klein marge invreet. Mbata sê die Departement van Minerale Bronne en Energie hersien nie die marge om die aanvaarding van kredietkaarte te akkommodeer nie.