Versigtig om net tradisionele energiebronne te onttrek

President Cyril Ramaphosa sê die eksistensiële bedreiging van klimaatsverandering vereis niks minder nie as dringende, ambisieuse en kollektiewe optrede deur al die lande van die wêreld. Hy het aan die einde van die G7-leiersberaad in Brittanje gesê leiers moet versigtig wees om nie ‘n algemene benadering ten opsigte van onttrekkings van tradisionele energiebronne te bepleit nie. Hy sê hulle moet ook nie handelsbeperkings of diskriminerende belasting instel wat ontwikkelende ekonomieë onregverdig sal benadeel nie: