Klimaatsverandering: en die geld?

Oxfam Internasionaal sê dit is onaanvaarbaar dat die meeste G7-leiers versuim het om opnuut aankondigings te doen oor klimaatsfinansiering. Ryk lande het hul doelwit herbevestig om aardverwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk. Hulle het ook ooreengekom om teen die einde van die dekade 30 persent van die omgewing te beskerm en te herstel. Max Lawson van Oxfam sê ontwikkelende lande wou vordering oor klimaatsfinansiering sien vóór die belangrike klimaatsgesprekke wat eersdaags in Glasgow, Skotland, plaasvind. Lawson sê vae beloftes van hernude finansiering vir groen ontwikkelingsprojekte mag hulle egter nie van hul doelwit laat afsien nie.