Ons herdenk Wêreld-bloedskenkersdag

Vandag is Wêreld-bloedskenkersdag. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die doel met dié dag is om bewustheid te kweek oor die behoefte aan veilige bloed en bloedprodukte vir oortappings. Hulle wil egter ook klem plaas op die kritieke bydrae van vrywillige, onbetaalde bloedskenkers tot die onderskeie lande se gesondheidstelsels. Titus Shivute van die Namibiese Bloedoortappingsdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.