Versekeringsmaatskappye moet opdok vir vloedskade aan Wernhil

Die Ohlthaver en List-groep, eienaars van die Wernhil-winkelsentrum in Windhoek, sal nie huurders en kliënte vergoed wie se eiendom beskadig is weens die oorstromings wat die winkelsentrum verlede week getref het nie. Wernhil, een van die grootste winkelsentrums, se grondvloer is oorstroom weens kitsvloede. Skade is aan talle winkels en motors by die winkelsentrum aangerig. Namibiese korttermyn-versekeringsmaatskappye verwag reuse-eise na die kitsvloede. Johan Liebenberg van Satib Insurance Brokers in Windhoek het  bevestig dat versekeringseise skerp weens die kitsvloede gestyg het en sê die skade is reusagtig.