SA rolprent-legende Boet Troskie sterf

Die legendariese Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger, die 86-jarige Boet Troskie, is op Oukersaand oorlede. Hy was op sy sterfbed in die Mediclinic in Bloemfontein omring deur sy geliefdes. Hy was twee weke in die hospitaal nadat hy aanvanklik met Covid gediagnoseer is. Sy vrou Tracy sê van sy laaste wense was dat hy geen publisiteit of troosdiens wil hê nie. Troskie het bekendheid verwerf vir bekroonde flieks soos Dirkie, Staal Burger en The Gods Must Be Crazy wat hy vervaardig het. Hy word oorleef deur sy vrou en vier kinders.