Versekeringseise in SA neem toe as gevolg van beurtkrag

Die versekeringsbedryf ondervind ‘n toename in eise as gevolg van die voortdurende kragonderbrekings. Skadevergoedingseise wat met die onderbrekings verband hou, het in die afgelope weke toegeneem. Dit het die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging genoop om te waarsku dat premies waarskynlik sal styg. Pam Ramagaga van die vereniging sê die bedryf moet dienooreenkomstig aanpas: