Saak van Amushelelo, Nauyoma, weer uitgestel

Die saak van die twee omstrede aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, wat saam met ses ander aangekla word in verband met betogings in Mei by China Town in Windhoek, is in die Windhoek-landdroshof in Katutura uitgestel tot 21 November. Die agt is deur die Spesiale Reserwemag van die Namibiese polisie in hegtenis geneem tydens ‘n betoging toe hulle gevra het dat China Town gesluit moet word. Hulle word ingevolge die Wet op Oproerige Byeenkomste aangekla van aanhitsing van openbare geweld, vier aanklagte van aanranding deur dreigemente en ses aanklagte van betreding. Almal het onskuldig op die aanklagte gepleit.