Inentings sloer, derde vlaag woed

Namibië is voluit in die derde vlaag van infeksies met aktiewe gevalle wat ver verby die is wat tydens die eerste en tweede vlae aangemeld is. Daar is tans 6 221 aktiewe gevalle uit ‘n kumulatiewe totaal van 59 814. Pasiënte in die hospitaal is ook op rekordvlakke met 61 wat hoësorg ontvang. Inentings vorder stadig. Volgens die gesondheidsministerie is daar net meer as 78 000 persone wat die eerste inenting van beide AstraZeneca en Sinopharm tot dusver ontvang het met net meer as 12 300 persone wat ten volle ingeënt is.