Verre Suide: GRN besproei 80 000ha vir sprinkaanplaag

Die Namibiese landbouministerie het bevestig dat ‘n derde sprinkaanplaag die Karasburg-distrik in die Karas-streek getref het. Dit volg nadat 50 millimeter reën geval het en bruinsprinkane laat uitbroei het. Die ministerie het reeds 80 000 hektaar vanaf die plase by Nakop tot by Swartkop teen sprinkane gespuit. Boere word versoek om sprinkaanplae by die Karasburg-kantoor aan te meld.