Jagbedryf tel stelselmatig op

Sedert die uitbreek van die Covid-pandemie het die meeste industrieë wêreldwyd ‘n verlies aan inkomste gehad. Trofeejag in Namibië is ook geraak, maar is besig om op te tel, volgens Silke Bean van Ingwe Namibia. Die Dallas Safariklub hou tans sy 40ste Jagskou- en konferensie in Dallas wat nie verlede jaar weens die Covid-pandemie plaasgevind het nie. Bean het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Dallas Jagskou bied weer ‘n geleentheid om trofeejag in Namibië te bemark.