Sun International sluit sy SA-oorde

Sun International het besluit om al sy hotelle en oorde in Suid-Afrika tydelik te sluit en sê hy het geen ander keuse nadat die land gister weer na vlak vier van die inperking beweeg het nie. Die regering het aangekondig vir minstens die volgende twee weke moet alle casino’s sluit, restaurante mag net wegneemetes bedien en geen drank mag verkoop word nie. Daar word berig dat die hotelgroep sê hoewel hy verstaan dis nodig om die dodelike derde vlaag van die korona-virus te stuit, gaan die nuwe maatreëls ‘n verwoestende uitwerking op toerisme hê.