Vermy wanbetaling van houtskoolwerkers

Volgens die Houtskoolvereniging van Namibië moet houtskoolwerkers hierdie feestyd gegun word om saam met hul gesinne deur te bring. Die voorsitter van die vereniging, Michael Degé sê Desember is nie ‘n goeie produksiemaand nie. Boere moet vermy dat werkers klagte van wanbetaling by die polisie aanmeld. Angolese werkers wat nie werkpermittehet nie, se dokumentasie moet in orde gekry word sodat hulle nie gearresteer word nie. Degé het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.