Bloedskenkings steeds in feestyd nodig

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië is steeds besig met sy veldtog vir die feestyd met die doel om meer bloedskenkings te kry. Daar is altyd ‘n tekort aan bloed gedurende hierdie tydperk van die jaar weens onder meer padongelukke. Titus Shivute, woordvoerder van die diens, doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk.