SA dokters soek na groener weivelde in buiteland

Werkloosheid in Suid-Afrika dwing dokters om werk te gaan soek in die buiteland. Minstens 225 dokters gaan moontlik in Januarie nie ‘n pos hê nie omdat die land ‘n uitdaging ondervind om hulle aan te stel ná die voltooiing van hul gemeenskaps-diensjaar. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê hy is bekommerd omdat die probleme met die plasing van nuwe dokters ‘n nypende tekort tot gevolg gaan hê. Sama se onder-voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, sê die situasie is betreurenswaardig omdat daar genoeg dokters moet wees wanneer die departement van gesondheid se beoogde Nasionale Gesondheidsversekering in werking tree.